‘n Man (64) is Maandagmiddag in die been geskiet in ’n aanval by die Kleinplaasdam bokant Simonstad, Kaapstad, terwyl hy en ’n vrou (51) gestap het.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die twee stappers is deur twee onbekende jong mans genader en met ’n vuurwapen aangehou. Hulle is van hul selfone, geld en rugsakke beroof.
Die twee stappers het omgedraai en begin wegstap nadat hulle beroof is, waarna een van die jong mans sonder enige waarskuwing ’n skoot afgevuur het. Die beroofde man is in die linkerbeen gewond.
Van Wyk sê die rowers het hierna weggehardloop.
Die polisie ondersoek klagte van poging tot moord en gewapende roof.
Mense met inligting word gevra om die polisie by 08600 10111 of die polisiekantoor in Simonstad by 021 786 8649 te skakel.
Inligting oor die aanval is op die Facebook-blad van Simonstad Safety & Security Watch gedeel en mense is gewaarsku om versigtig te wees. Van die mense
Continue reading…