Kommunisme 101 bepaal dat ‘n sosialistiese regering al die middele van (voedsel) produksie moet besit, so waarom verhuur die ANC-regering plase gebaseer op oppervlakkige, rassistiese en seksistiese kriteria sonder om gevestigde boerdery-organisasies te raadpleeg? Is die ANC besig om kameraad Lenin se beleid oor etniese volksmoord en gedwonge hongerte te implementeer? Die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) het gesê hy is nie oortuig daarvan dat die ANC-regering die verskil tussen landbou en maatskaplike welsyn besef nie. Dit kom nadat die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, aangekondig het dat 135 117 hektaar staatsgrond hierdie jaar (30 jaar huurkontrak) aan 275 swartes oorgedra is – maar jong mense, vrouens en mense met gestremdhede kry voorkeur. Nog 260 000 hektaar staatsgrond sal binne die volgende twee weke geadverteer word.
Continue reading…