Die meerderheid van die minderheidsgroep in Suid Afrika is moedeloos, onseker en vrees die toekoms. Sonnige Suid Afrika word gekenmerk deur algemene onbevoegdheid en wetteloosheid. Die blatante korrupsie laat ‘n bitter smaak in die landsburgers se monde. Maar elders in Suid Afrika leef ‘n gemeenskap in ‘n bykans misdaad vrye omgewing waar inwoners spog dat hulle vir hulself werk en sorg. ‘n Dorp wat die verbeelding van, nie net Suid Afrika nie, maar ook die wêreld, aangryp. Die gemeenskap se konserwatiewe manier van leef word verwar met ‘n wan-persepsie dat hulle verkramp en outyds is. Wanneer jy met Uitvoerende Beampte, Joost Strydom gesels, skets hy ‘n ander prentjie. Die inwoners is trots op hulle kultuur en vooruitstrewend in hulle denke.
Continue reading…