Die brand by die Kaapstad-treinstasie is vroeg Sondagaand geblus.
Jermaine Carelse, woordvoerder van die nooddienste in Kaapstad, sê niemand is beseer in die brand nie.
Hy sê nege treinwaens van twee treine is in die brand verwoes.
Dit is nog onduidelik wat die oorsaak van die brand is.
Swart rookwolke het Sondagmiddag oor die middestad gehang.
News24 berig dat die prototipe van ‘n beplande nuwe vloot treine vir Metrorail nie in die brand beskadig is nie. Pres. Cyril Ramaphosa het onlangs die bekendstelling van dié treine bygewoon.
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van Die Kaap.com nie.
DieKaap.com
Continue reading…