Die voorval by Uniondale in die Suid-Kaap waarin ʼn boer luidens mediaberigte op betogers geskiet het wat glo aan gewelddadige protesoptogte deelgeneem het en paaie versper het, dien as bewys dat diensbetogings lewensverlies tot gevolg kan hê deurdat lede van die publiek kan voel dat hul veiligheid bedreig word. Die polisie ondersoek klagte van poging..
Continue reading…
Voortslepende dienstebetogings deur barbaarse protesteerders in SA bedreig mense se veiligheid
Enjoyed this post? Share it!
Boer skiet drie betogers buite Uniondale in Wes-Kaap na geweld uitbreek
Die polisie ondersoek ’n skietvoorval waarin ’n boer glo Maandag drie betogers buite Uniondale in die Wes-Kaap geskiet het.
Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee aanklagte van poging tot moord is vanmiddag by die plaaslike polisie aanhangig gemaak.
Dít volg nadat ontstoke betogers van Uniondale vanaf vroegoggend op die N9-snelweg asook R339 buite die dorp amok gemaak het. Buitebande is op dié paaie gebrand waarna dit noodgedwonge deur die loop van die dag gesluit is. Dit is sedertdien weer oopgestel nadat betogers uitmekaar is.
Volgens Pojie is dit nie in dié stadium duidelik hoe laat die skietvoorval plaasgevind het nie. Die polisie het wel ná die voorval op verskeie koeëldoppies wat op die toneel op die R339 gelê het, beslag gelê.
Die polisie se eenheid vir openbare orde monitor steeds met die hulp van die George-polisiëringsgebied die onderskeie paaie aangesien die situasie as o
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!