Black Lives Do Not Matter To ANC: Suid-Afrika het gister sy hoogste enkele daaglikse dodetal getref van 572 sterftes, en dit is nou duidelik dat die ANC, die geld, wetgewing en tyd wat hulle gegun is, vermors het, en die inperking was net ‘n klug en rolspel van voorbereiding. Nêrens is dit duideliker as in Nelson Mandela se tuisprovinsie, die Oos-Kaap, wat 17% van die COVID19 gevalle het, maar 23% van die sterftes. Ons kan egter nie seker wees nie, aangesien ‘n amptenaar van die Oos-Kaapse Gesondheid erken het dat hulle nie eens betroubare statistiek het om mee te werk nie! Die meeste Suid-Afrikaners het dit al self afgelei. Al wat vir ANC amptenare saak maak, is om soveel geld as moontlik te steel, so vinnig as wat hulle kan, solank hulle kan!
Continue reading…