Die Behandeling is Erger as die Siekte: Die verontagsaming van die ANC se drakoniese inperkingswette is gevaarlik genoeg, maar nou het ‘n groep bestaande uit Suid-Afrikaanse aktuarisse, wiskundiges, mediese kundiges en sakepersone, genaamd Data and Analytics (PANDA), bevind dat die verwagte lewensverlies weens die ekonomiese impak van voortgesette inperking, 29 keer erger sal wees as COVID-19 en verwante sterftes. Die groep het bevind dat die skade wat nou veroorsaak word deur die inperking, baie erger sal wees as enige verwagte oorstroming op gesondheidsdienste, as gevolg van die Chinese CCP-virus sou daar nie ‘n inperking gewees het nie. PANDA het ook daarop gewys dat die totale aantal CCPvirus-verwante sterftes, volgens epidemiologiese modelle, nie van mekaar verskil, of daar nou ‘n inperking is of nie.
Continue reading…
ANC se Totalitêre Inperking sal Meer Skade Berokken as Covid-19 Self en kan Lei tot Humanitêre Ramp – PANDA Aktuarisse
Posted on Leave a comment
Enjoyed this post? Share it!