Die klein bankrot munisipaliteit in die Vrystaat, wat nog onder administrasie is, het nog steeds daarin geslaag om ‘n munisipale bestuurder R2,9 miljoen per jaar, vir twee jaar te betaal, wat hom die mees betaalde regeringsamptenaar in Suid-Afrika maak! En sy pos was nie eens nodig nie, aangesien ‘n bankrotskapadministrateur aangestel was, maar dit ook was blykbaar net om die openbare belastingsgeld nog meer te plunder! Dit was mos die einste Moses Moremi wat die 99 jaar-huurkontrak onderteken het om die Guptas ‘n huurvrye plaas te gee vir die Estina Dairy-bedrogspul!
Continue reading…