Bonginkosi Madikezela, die DA se Wes Kaapse leier, en Alan Winde, die Premierskandidaat in Zille se plek, is gister uit Khayelitsha weggejaag. Hoewel Madikezela die voorval ontken, het gemeenskapsleiers in Khayelitsha openlik gesê dat hulle nie die DA daar soek nie.
Dit volg nadat 342 plakkershutte Saterdagnag afgebrand het en 1355 mense dakloos gelaat is. Die twee DA manne het gistermiddag laat daar opgedaag met T-hemde van die DA se verkiesingsveldtog aan. Dit was vir die mense van Kahyelitsha een te veel.
Hulle belowe hoe lank al dat iets gedoen sal word aan die behuisingsnood, nou kom hulle hier aan met t-hemde wat sê ons moet vir hulle stem, was die strekking van die argument wat onder andere Asanda Makeli, ‘n gemeenskapsleier, aangevoer het. “Hulle stel net belang in ons stemme. Ons eie Raadslede is van die begin af hier besig om te help sonder t-hemde van hulle party aan.”
Nou wat wil Mmusi Maimane nou maak? Die blanke
Continue reading…