Die Minister van Landbou en Land Hervorming, Thoko Didiza, het glo ’n omvattende plan bekendgemaak vir die her-ontwikkeling van die eens omstrede Distrik Ses, in Kaapstad.
’n Struktuur, bekend as die Distrik Ses Werkkomitee, het glo die Distrik Ses gebied weer as nie-blanke woongebied geïdentifiseer wat nou in 2020 in verskillende fases oorgedra sal word.
Dit bly egter onduidelik hoe die verskillende fases sal wees wat “oordrag” moontlik sal maak, en wat dit alles sal behels.
Nagenoeg 954 eise is ingestel om die eiendomme in die gebied weer oor te dra aan mense wat vroeër in Distrik Ses gewoon het, waarvan menige kinders verskuif is saam met hulle ouers.
Waarnemers sê dit is onduidelik waarom mense hunker na ’n gebied wat miljarde rand se koste kan meebring vir die belastingbetalers, terwyl dit geen wesenlike voordeel inhou om na die gebied te verskuif nie.
DieKaap.com
Continue reading…