Ek bly in Orania – Orania is ‘n plek waar vir vele jongmense die kans gegun word om ‘n bestaan vir hulswelf te kan maak. Hier kan hulle klein begin en groot droom.
Orania bied aan hierdie jongmense ‘n veilige omgewing, waar daar met durf en selfwerksaamheid entrepreneurs gekweek word.
“Die lekkerste ding van Orania is vir my hoe veilig dit hier is… en dat ek met ‘n oop venster kan slaap,” So begin Eldien Kirsten te vertel van haar ervaring op Orania. Sy verduidelik verder dat om elke dag vryheid te mag beleef vir haar dié plek so besonders maak.
Eldien bly vir byna 20 jaar in Orania en is nog sielsgelukkig hier in die hartjie van die Noordkaap. Sy werk saam haar ma Uysie Kirsten by die Kontreiwinkel, wat nie te lank terug na ‘n splinternuwe perseel geskuif het nie. Eldien sien baie uit na dit wat die toekoms vir haar ma se besigheid, hier in Orania, mag inhou. Sy hoop ook om eendag te gaan studeer of verder te gaan met haar ballet.
Eldien is ‘n
Continue reading…