Gauteng gaan binnekort in die voetspore van Kaapstad volg as munisipaliteite in die provinsie nie dringend gaan ophou met die onnodige vermorsing van water nie, sê Philip van Staden, VF Plus-LPW vir Gauteng, na afloop van ‘n vergadering van die plaaslike regeringskomitee van die Gautengse wetgewer.
Van Staden sê Rand West-munisipaliteit, Merafong-munisipaliteit en Mogale City is die grootste sondaars in dié provinsie met onderskeidelik 65%, 50% en 44% waterverliese. Johannesburg 44%, Emfuleni 32%, Ekurhuleni 30.1%, Midvaal 28%, Lesedi 22% en Tshwane 20% dra verder by tot die provinsie se waterverliese. Dit bring die totale persentasie vir Gauteng munisipaliteite te staan op 36% teenoor die nasionale syfer van 36.7%.
Continue reading…