Een van die tien hoogs betaalde amptenare van die Kaapstad-metroraad is nou al 15 maande by die huis en hoef nie ’n steek werk te doen vir haar salarispakket van R2,8 miljoen per jaar, oftewel R233 000 per maand, nie.
Melissa Whitehead, geskorste kommissaris van vervoer en stedelike ontwikkeling van die metroraad, se totale salaris word sedert haar skorsing in Januarie verlede jaar aan haar betaal. Sien Whitehead se kommentaar onderaan waarin sy sê sy wou aanhou werk, maar die metroraad het haar voorlopig geskors.
Whitehead is geskors hangende ’n tugverhoor oor beweerde bedrog en onreëlmatighede met tenderprosesse.
In die 2017-’18-boekjaar was daar slegs sewe poste van uitvoerende direkteurs in die Kaapstad-metroraad op dieselfde salariskerf as Whitehead.
Die enigste amptenaar van die metroraad wat meer as Whitehead verdien, is die munisipale bestuurder met ’n totale salarispakket van R3,4 miljoen.
Hoewel die ander hoë a
Continue reading…