Cyril Ramaphosa het Mugabe-tipe taktiek gebruik om sy eie korrupte bas te red, in die stryd om hom te verplaas, nadat hy aangekondig het dat ANC-lede wat hulle skuldig maak aan korrupsie, uit hul poste moet bedank, al het hy self beskuldigings teen hom. Hierdie beslissing kom nadat hy oor die naweek die meerderheidsteun in die Nasionale Uitvoerende Komitee-vergadering gekry het, en dit lyk asof die reeling direk gerig is op diegene wat dreig om hom te vervang. As gevolg hiervan moet Ace Magashule nou voor die ANC se integriteitskomitee verskyn, weens moontlike betrokkenheid by korrupsie, wat die bespiegeling aanwakker dat Ramaphosa sy oog op ‘n nuwe ANC-sekretaris-generaal kan hê.
Continue reading…