Dit is geen toeval dat die hutsmerk #VoetsekANC en sprake van ‘n onafhanklike Kaap in die selfde week op sosiale media styg nie, maar wat wel verbasend is, is dat Dr Corné Mulder van VFplus, na twee dekades se stilswye hieroor, nou skielik ook hiermee uitval. Interessant ook dat hy net een van die half dosyn sulke inisiatiewe noem, een wat afhang van die ANC se samewerking, SAUK Nuus het oor die jare gereeld hieroor berig en ons het nou ‘n permanente rubriekskrywer, Peter Murray aangestel om vir ons gereeld hierdie tema te dek. Daar is net twee van die tale onafhanklikheid inisiatiewe wat nie die ANC se samewerking benodig nie, so hou ons platform dop vir Peter se gereelde rubriek “Tweestaatoplossing”.
Continue reading…