Die ANC se adjunkpresident, David Mabuza, sê die regering het reeds 278 stukke staatsgrond geïdentifiseer in die Wes-Kaap wat aangewend kan word vir herverspreiding.
Mabuza was die spreker by ’n geleentheid in die Wes-Kaap en het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om die provinsie se premier, Alan Winde, te prys en gesê “hy is ’n baie goeie man”.
Op ’n vraag oor ekonomiese vooruitsigte het Mabuza gesê die regering werk daaraan om uitvoering te gee aan die Nasionale Ontwikkelings Plan, maar ekonome sê daarvan het nog niks gekom nie en is ’n doodgebore plan.
Die vermoede bestaan dat die honderde stukke grond van die staat ook nutteloos sal wees wanneer dit aan onopgeleide mense uitgedeel word.
DieKaap.com
Continue reading…