’n Dik laag sneeu het die personeel van die Matroosberge-reservaat, waar Kapenaars graag gaan sneeu kyk, Maandagoggend begroet.
Sneeu het laat Sondagmiddag teen dié berge, naby Ceres, begin val. Andri Grebe, inwoner van die Koue Bokkeveld, het dou voor dag in die sneeu gespeel, het sy op Facebook geskryf.
Volgens die reservaat se Facebookblad kon mense van 07:00 af gaan sneeu kyk. Die paaie is toeganklik vir gewone voertuie. Viertrekvoertuie kan glo “’n regte sneeu-ervaring” hê, lui die inskrywing.
Mense word gevra om die Facebookblad dop te hou vir die jongste inligting, aangesien die weersomstandighede skielik kan verander.
DieKaap.com
Continue reading…