Skade aan die munisipale infrastruktuur in Hermanus as gevolg die afgelope paar weke se betogings beloop na raming al R40 miljoen.
Vier skole is ook sedert Dinsdag met die begin van die derde skoolkwartaal weens die voortslepende betogings in Zwelihle gesluit.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het bevestig dat die Mount Pleasant Primary School, Zwelihle Primary School, Lukhanyo Primary School en Qhayiya Secondary School gesluit is. Die ontwrigting raak ook leerlinge wat na skole buite Zwelihle moet gaan.
’n Program word tans opgestel sodat leerlinge hul werk kan inhaal wanneer hulle na die skool terugkeer.
Die Overstrand-munisipaliteit het Woensdagoggend bevestig dat mense weer in Zwelihle betoog en motorbuitebande by Peach House aan die brand gesteek het.
“Volgens berigte maak opstokers die inwoners van Zwelihle wakker om ’n skare byeen te kry. Traanrook is afgevuur.”
Die R43 na Hermanus is teen laatoggend gesluit
Continue reading…