’n Park van R7,6 miljoen vir kinders naby Lavender Hill is ná net meer as ’n jaar net ’n “uitgebrande skelet”, sê die Kaapstadse metroraad.
Die metroraad het Woensdag sy afgryse uitgespreek oor die “kwaadwillige vernietiging en vandalisme” van die Seawinds Smart Park, wat nou glo “niks meer as ’n hoop rommel en as” is nie. Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, sê niks is van die park wat op 24 September 2017 geopen is en “wêreldklas-geriewe”, waaronder ’n speelplek met water, oor nie.
In die park was ook twee bane vir balspeletjies, ’n piekniekterrein, ’n verhogie en ’n oefenplek.
“Dié geriewe is nou tot as verband, gevandaliseer of gesteel,” sê Badroodien.
“Die park is onherkenbaar beskadig. Gesinne het nie meer ’n mooi, veilige plek om te geniet nie en die kinders van die gebied het nou nóg minder ontspanningsgeriewe van hul eie.”
Volgens B
Continue reading…