Die burgerlike beweging Gatvol Capetonian is op die oorlogspad oor wat hulle die departement van arbeid in die Wes-Kaap se rassistiese en onbillike arbeidspraktyke teenoor bruin mense noem.
Die beweging beweer dat die provinsiale departement van arbeid sedert Desember 2017 net swart mense in hul kantoor in Mitchells Plain aangestel het en dat hulle die demografiese samestelling van die provinsie ignoreer.
Fadiel Adams (links) woordvoerder van die beweging Gatvol Capetonian, by ’n vorige protesaksie.
Gatvol Capetonian maak hulle nou gereed vir ’n massaprotesaksie indien hul samesprekings Dinsdag met die departement se bestuur nie na wense verloop nie.
Hulle het glo die jaarlikse swierige parlementsopening in die visier indien daar nie aan hul eise gehoor gegee word nie.
“Ons doen ’n beroep op werklose bruin mense oor die Kaap heen om hulle by ons protesoptrede op Dinsdag 22 Januarie by die Mitchells Plain-burgersentrum se ar
Continue reading…