In Suid-Afrika, so wil dit voorkom, het jy twee keuses as jy ernstig siek is: of jy gaan dood in ʼn staatshospitaal, of jy gaan bankrot in ʼn privaathospitaal.
Ons sit met ʼn tweeklasse-medies: swak, basiese maar gratis gesondheidsorg deur die staat, wat beter is as niks nie maar wat gerig is op die behoeftes van die Derde Wêreld en wat ook toenemend verswak, en state of the art privaatmedies, met hospitale wat lyk soos 5sterhotelle en nog meer as sulkes per nag kos. Laasgenoemde word moontlik gemaak deur mediese skemas met hulle verwarrende hoeveelheid opsies en tariewe. Feit is dat, as jy en jou gesin ten volle medies gedek wil word, dan moet jy ʼn groot deel van jou salaris opdok, iets wat min gemiddelde mense kan doen. Daar is altyd weer nuwe skemas wat die dilemma probeer oplos en wat met heelwat laer premies kliente lok, maar die fynskrif sluit dikwels dit wat werklik nodig is uit.
In Orania is seker die grootste behoefte, volgens die inwoners, medies. Ve
Continue reading…