Twee skepe van die Suid-Afrikaanse Vloot het geringe skade opgedoen toe hulle in die Simonstad-hawe gebots het.
Die SA Vloot het Vrydag bevestig dat een van hul fregatte, die SAS Spioenkop, Donderdag teen die vloot se ondersteuningskip, die SAS Drakensberg, gebots het.
Volgens ooggetuies het die SAS Spioenkop, wat die hawe binnegekom het onder beleiding van ’n loodsboot en sleepboot, reg van voor teen die bakboord van die SAS Drakensberg gebots.
Die vloot het by navraag gesê dat ’n geringe voorval Donderdag omstreeks 15:30 plaasgevind het.
“Die SAS Spioenkop, wat teruggekeer het van enjintoetse ter see, het gebots met die SAS Drakensberg wat in die hawe vasgemeer was. Die SAS Spioenkop is in die hawe ingelei deur die hawemeester en onder leiding van ’n loodsboot en sleepboot,” het kommandeur Greyling van den Berg gesê.
Volgens die vloot was daar ’n meganiese of kommunikasiestelsel-fout op die fregatte op ’n kritieke
Continue reading…