Die dorpie Wupperthal in die Cederberge, wat jare lank ’n sendingstasie was, is die afgelope naweek getref deur ‘n brand.
Dit blyk dat 53 huise, ‘n gemeenskapsaal, die biblioteek, asook die pastorie, restaurant en ‘n koshuis afgebrand het.
Die skoenfabriek waar baie van die kleurling inwoners werksaam is, het ongeskonde gebly.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Bykans al die geboue het grasdakke en die brand het vinnig versprei omdat baie huise na aan mekaar opgerig is.
Die gemeenskap word bedien deur die Morawiese sending genootskap en die inwoners wat dakloos gelaat is, kyk nou na die regering vir hulp.
Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.
DieKaap.com
Continue reading…