#OntblootHulleAanSkade – Die 7de boer is binne ‘n maand in die Vrystaat vermoor, wat beteken dat Suid-Afrika elke week meer as een van sy wêreldbekende voedselprodusente verloor! Hierdie vervolgde boere het die reputasie dat hulle van die beste in die wêreld is, en moet dus as ‘n nasionale strategiese hulpbron beskou word, maar die ANC-regime en sy bende sosialistiese parasiete, soos die EFF en SAKP is bly om te sien dat hulle permanent verwyder word. Waarom? Eenvoudig omdat die Staat volkome eienaarskap en beheer van voedselproduksie wil hê, om die bevolking mee af te pers – Kommunisme 101! Hoe? Dit is ‘n min bekende Marxistiese strategie om U vyand indirek dood te maak, deur hulle doelbewus bloot te stel aan skade soos ontwapening, hongersnood, droogte, siekte, misdaad, dwelms, werkloosheid, massa immigrasie, nalatigheid, ens., met 100% ontkenbaarheid! Hulle hoef net die misdadigers so nou en dan aan te moedig en in die regte rigting wys, met openbare haatspraak soos “Kill The Farmer, Kill The Boer”, dan kan hulle as staat die plase oorneem soos die boere vermoor word, of vertrek. Wen Wen.
Continue reading…