’n Man wat al die pad van Velddrif aan die Weskus gery het om sy kinders en kleinkinders op die stasie in Kaapstad te gaan haal, is woedend nadat die trein langer as nege ure later eers daar aangekom het.
James Swart sê sy kinders was op die Shosholoza Meyl, wat weens verskeie tegniese probleme sowat nege uur vertraag is.
Hulle het glo Sondag 15:00 op Klerksdorp op dié trein geklim. Toe hy Dinsdag omstreeks 19:30 in Kaapstad aankom om hulle te kry, was daar geen teken van die trein nie. Die trein het glo om 04:00 eers by die stasie aangekom.
Swart se kinders sê die trein het glo byna twee uur op die Beaufort-Wes-stasie gestaan en daarna nog ’n paar uur by Leeu-Gamka.
“Dit het meegebring dat die trein byna nege uur laat was. Niemand lig die passasiers of hul familie, wat hulle op die stasie kom haal, in nie,” het Swart aan Netwerk24 gesê.
In dié tyd het hy en sy kinders weens ’n swak selfoonsein kontak verloor.
Continue reading…