Kollaterale Skade: Het ANC se streng Covid19 regulasies ‘n man letterlik laat honger en dors ly tot ‘n eensame dood, in nog ‘n verskrikking uit ‘n staatshospitaal, waar hy basies ontvoer is weens Covid reels, wat sy gesin verhinder het om sy toestand raak te sien, en te help? Almal moet nou reeds bewus wees van die doodsvonnis wat SA staatshospitale geword het, soos die familie van 58-jarige Andre Smit uitgevind het, na Andre op 17 Februarie 2021 in die hospitaal oorlede is, nadat die hospitaal hom vir onverklaarbaar redes nierdialise-behandeling geweier het. As gevolg van Covid is die familie verbied om Andre te help, en hulle is oortuig dat hy nierversaking opgedoen het weens dehidrasie van honger en dors en nalatigheid, in die Tshepong-hospitaal in Klerksdorp.
Continue reading…