Die SABC benodig ’n reddingsboei van R3,2 miljard om die toekoms van die uitsaaiwese, in die land te verseker. Gekonfronteer met ‘n baie moeilike keuse in Mei maand, óf hy hoes om sy agt-syfer munisipaliteit rekening te betaal óf hul vereffen die salarisrekening; het die nasionale uitsaaier egter verkies om sy personeel betaal.
Dit is bekend gemaak deur die maatskappy se hoof finansiële beampte, Yolandi van Biljon, dat die staatsinstelling ‘n vooruitsig van ‘n ineenstorting in die gesig staar en uitsaai dienste opgeskort gaan word, indien hy nie sy finansiële verpligtinge nakom. Die finansiële posisie van die instelling het oor die afgelope nege maande versleg en die openbare uitsaaier is in die genade van sy skuldeisers oorgelaat, aangesien dit op ‘n besluit oor die aansoek om ‘n finansiële steun van R3,2 miljard van die regering afwag.
Van Biljon het gesê die SABC het ‘n skuld van meer as R1 miljard as gevolg van krediteure en noem dat betaling van salarisse ’n sleutelprioriteite was, en bygevoeg dat die maatskappy se vermoë om sy finansiële behoeftes te bevredig sterk afhanklik was van strategiese vennote wat “groot bedrae geld” verskuldig is.
Bongumusa Makhathini, SABC-voorsitter, sê dat daar geen sekerheid is oor hoe hul geld gaan bekom vir salarisse einde Junie. Hy noem dat geen infrastruktuur onderhou is afgelope ruk, maar kon tot dusvêr daarin slaag om op die lug te bly. Makhathini verduidelik dat hul nog in hierdie week met die munisipaliteit vergader om sy skuld te bespreek, hy hoop ook dat ‘n staatswaarborg van R3,2 miljard kommersiële banke sal dwing om die lenings te verskaf wat die instelling dringend benodig om uitsaai dienste te verseker.
Die SABC is een van ‘n aantal maatskappye in staatsbesit wat dringend finansiering nodig het om voort te bestaan. Eskom se skuldlas kom te staan op meer as R400 miljard, terwyl die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is ook gebukkend gaan onder skuld. Dit is egter nie die eerste keer dat die SAUK se ernstige finansiële situasie bekend gemaak is nie; verlede November het raadslid Mathatha Tsedu reeds gewaarsku dat die maatskappy Dag Zero gaan sien, indien hul nie hul huis regruk nie.
Indien die SABC se ligte afgeskakel en uitsaai dienste tot ’n stilstand geruk word, gaan dit miljoene radio-luisteraars en televisiekykers raak, veral dié wat op die openbare uitsaaier afhanklik is vir nuus.
Elizaan De Koker
SAUK-nuus redaksie
<hr>