Met sy credo – Van die mense – Deur die mense – Vir die mense, is die NPO Gatvol Capetonian steeds besig om momentum te kry.
Die groep NPO Gatvol Capetonian is gestig deur drie Kleurling-mans afkomstig van Kaapstad naamlik: Oscar Lyons, mediaskakelbestuurder, Ebrahiem Davids (voormalige) voorsitter, en Fadiel Adams, nasionale woordvoerder. Die huidige voorsitter is Mark Lewis.
Gatvol Capetonian is op 30 April 2018 gestig om die gemarginaliseerde minderhede van Suid-Afrika te verteenwoordig. Ons praat nou van diegene wat genoeg gehad het van swak dienslewering, misdaad en rassistiese SEB-beleide wat hulle van indiensneming uitsluit. As ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer, is die groep se sleutel fokusareas behuising, onderwys, misdaad en werkloosheid.
Gatvol Capetonian wil ‘n onafhanklike Wes-Kaap hê en het hard gewerk om bewusmaking van hoe Suid-Afrika se minderhede aan die hande van swart onderdrukking en
Continue reading…