Ramaphosa kan nie ‘n virus bluf nie: Met 500 infeksies per uur, het SA die tiende meeste sterftes wêreldwyd, ondanks die feit dat ANC regering vyf maande waarskuwing gehad het, onbeperkte fondse en totalitêre diktatoriale magte gehad het! Ramaphosa en ANC het skouspelagtig misluk om die virus die hoof te bied. Dit blyk dat die enigste ding wat hulle kan beheer, is die PR en propaganda om die mense mee te verlei. Daar is geen logika nie en Ramaphosa blameer almal en alles behalwe homself, ondanks diktatoriale magte! Ramaphosa behandel Suid-Afrikaners soos stoute kinders met ‘n lae intelligensie, en plaas ons weer onder grendelstaat met alkohol wat weer verbied word, maar taxi’s sal op volle kapasiteit kan werk.
Continue reading…