Die ANC regering beplan om gebruik te maak van skepe wat elektrisiteit opwek met gas, om die tekorte aan te vul omdat Eskom blykbaar nie die vermoë of vernuf of kennis of geld het om voldoende krag te lewer aan Suid-Afrika nie.
Alhoewel die Minister van Energie, Gwede Mantashe se departement onder kruisverhoor geneem is in die parlement oor die wenslikheid, en die koste verbonde aan so ʼn moontlikheid, blyk dit vir kenners meer na wensdenkery as werklikheid.
Deskundiges op die gebied van energie het die moontlikheid skerp bevraagteken, en die gevoel bestaan dat dit ʼn onnodige duur projek sal wees, en ook uiters onprakties.
Ingeligte bronne reken die geld wat daarvoor betaal sou moes word, kan eerder aangewend word om meer son-plase op te rig wat ook meer permanent is en waarvan die instandhouding relatief laag is.
Karpowership, ‘n eenheid van die Turkse Karadeniz Energy Groep, en is op pad vir sy langste kontrak tot nou toe, om kr