Die Kaapstad Stadion wat gebou is vir die 2010 Fifa Wêreld sokker beker, is ‘n wit olifant en word teen enorme verliese bestuur.
Nou het die Kaapstadse Raad miljoene geallokeer vir die aanstelling van ‘n maatskappy sekretaris en finansiële bestuurder.
R2,5 miljoen per jaar is goedgekeur vir die twee poste. Selfs JP Smith van die Burgemeesters kommitteer van veiligheid en sekuriteit het sy bekommernis uitgespreek vir verdere befondsing en waarsku dat dit ‘n las op die belastingbetalers sal plaas.
Talle stadions is in Suid-Afrika opgerig vir die sportgeleentheid waartydens die Suid-Afrikaanse span uiters swak gevaar het teen ander lande, en die stadions staan grootliks onbenut en is ‘n las op die belastingbetalers en bankrot munisipaliteite.
Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.
DieKaap.com
Continue reading…