Eiendomspryse in die ryk woonbuurte van Kaapstad het gedaal met tot 50% van die aanvanklike verkoopsprys. Verkopers in woonbuurte soos Constantia en die by die Atlantiese oseaan het hul pryse tussen 20% en 50% laat daal in ʼn poging om ontslae te raak van die eiendom.
Eiendoms makelaars meld dat die effens opwaartse flikkering na die verkiesing is deur realiteit ingehaal met ‘n 15% daling in waardasies.
Huise in die boonste segment van die mark is gewoonlik verkoop binne 75 dae terwyl die tendens nou 126 dae is. Selfs by die gewilde Waterfront Marina het eiendomspryse die jaar alleen met 24% gedaal.
Kenners is versigtig om die politieke toestand van die land aan die tendens te koppel maar die aanvraag van huise, selfs in Kaapstad, het afgeneem weens die onsekere ekonomiese- en politieke klimaat van die ruwe Suid Afrika.
-Vryburger
DieKaap.com
Continue reading…