Die grootste koper van graan wou nie in ‘n oorkoms met ‘n graansilo instansie gaan wat 20 ton gars kan berg nie. Dit laat die produksie van gars in die weegskaal hang.
Die aanplant van gars in die Swartland omgewing laat boere bekommerd, omdat hulle nie seker is wat die graan gaan oplewer nie.
Alhoewel gars een van die beste gewasse is om koring te vervang in die wisselbou stelsel, ten einde die beste opbrengste te lewer, lyk vanjaar se vooruitsigte nie baie goed nie.
Boere wil nie nou meer gars in die grond kry nie, want dit raak reeds te laat in die seisoen. Dit gaan meebring dat die aanvraag na die graansoort vanjaar waarskynlik baie hoer gaan wees as wat die produksie daarvan is. Dit sal dan meebring dat gars ingevoer moet word om aan die binnelandse vraag te voorsien.
Boere oorweeg dit om eerder hawer as gars te plant, op die vorige jaar se koringlande.
Die boere wat wel gars gaan plant, bepl