‘n Plaasaanval het plaasgevind by “The Ranch”, Woensdagaand 19 Mei 2021, net buite Witrivier in Mpumalanga, na ‘n man in sy sestigs beweging buite sy huis gehoor het. Ondanks herhaalde en talle oproepe en waarskuwing om nooit die deur oop te maak as ‘n geluid buite gehoor word, beweging buite gesien, of iets gebeur soos die krag wat afgaan nie, het hy sy deur oopgemaak “om ondersoek in te stel.“
Die man is toe aangeval deur 4 swart terroriste en op die vloer vasgedruk en sy arm, maag en kop is met ‘n panga gekap. Die terroriste het slegs vier selfone geneem voordat hulle te voet gevlug het. Gelukkig het die man oorleef en hy sterk aan in die hospitaal.
Luister Hier: