Die ANC bandiete word letterlik toegelaat om nie net direk van U die belastingbetaler te steel nie, maar ook geld te druk en sodoende van U kinders en kleinkinders te steel! Daar is egter net een persoon wat die grootskaalse plundering kan stop, die ANC-kieser kan dit keer, maar daar is geen aanduiding dat hulle ooit dit sal doen nie, omdat hulle verlei word deur ‘n konstante stroom wit haat. ANC-kiesers beloon en keur hierdie blatante diefstal en bedrog goed, keer op keer, wat Suid-Afrika se infrastruktuur, geloofwaardigheid, internasionale kredietwaardigheid en die vermoë om die burgers te dien, vernietig. Hierdie opsetlike en bewuste vernietiging van SA maak ANC-kiesers verraaiers van die nasie, vir hul deel in die vernietiging daarvan. Byvoorbeeld, die vergete tender van Mafioso Magashule van R230 Miljoen net om asbesdakke te tel, gee insig in hoe die Vrystaat geplunder is, maar Ace Magashule is nou beloon deur tot sekretaris-generaal van die ANC bevorder te word! ANC-kiesers is inderdaad verraaiers van hul medeburgers.
Continue reading…