Woordvoerder weier om te sê hoeveel plakkershutte in Zweledinga vernietig is nadat die Kaapstad munisipaliteit besluit het om dele daarvan te sloop.
Die plakkershutte is die afgelope naweek platgevee wat in die Khayelitsha gebied opgerig is, maar die munisipale amptenare weier om te sê wat die getal is wat vernietig is.
Raadslid Malusi Booi het ontwykend gereageer en gesê dit is operasionele inligting wat nie verstrek kan word nie.
Hy sê die stadsraad verwerp enige poging van grondbesetting en dit geld ook in stedelike gebied soos wat die besondere geval is, en het daarom doelgerig opgetree.
Booi het bevestig dat hulle ’n hofbevel het wat magtiging verleen om die plakkershutte te sloop, en na Saterdag se opruiming van die terrein het boumateriaal en sinkplate oral rondgelê saam met ander eiendom van die onwettige plakkers.
DieKaap.com
Continue reading…